Nukleus Onderwys
Wie is Nukleus
Nukleus visie
Onderwysmodel
Die Module konsep
Kontak Nukleus
Vakke
Koste en registrasie
Nukleus graad 9 en Matriek
Forum
   
 


Volgens die Nasionale Skolewet van 1996 is alle Suid-Afrikaanse burgers tussen die
ouderdom van 7 en 15 jaar of die laaste skooldag van graad 9, watter een ook al eerste
geskied, skoolpligtig.  Ouers kan egter aansoek doen by die Departement van Onderwys vir
vrystelling hiervan of om die leerder vir tuisonderrig te registreer. Indien ‘n leerder nie
geregistreer is by ‘n geregistreerde skool of andersins as ‘n tuisleerder nie en ook nie
vrygestel is hiervan nie, is dit ‘n oortreding van die wet.

Om leerders in staat te stel om, binne die landswette, graad R tot 9 suksesvol te kan
voltooi en daarna ook graad 10 tot 12 as ‘n eenheid suksesvol te kan voltooi, het Nukleus
die volgende twee opsies vir leerders daargestel:


Afstandsleerders word by Hoërskool Bergvesting, ‘n geregistreerde en geakkrediteerde skool,
geregistreer en sodoende ook by BCVO (Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys). 

Deurlopende assesseringstake en eksamens word deur gekwalifiseerde onderwysers
opgestel en nagesien waarna ‘n wettige rapport op grond van die leerder se punte behaal
in die take en eksamens, kwartaalliks uitgereik word.  Die gemerkte assesseringstake en
eksamens word dan netjies in die vorm van ‘n leerderportefeulje deur Nukleus gestoor vir
moderering vir 1 jaar na die leerder die spesifieke graad voltooi het. Graad 10 tot 12
leerder-portefeuljes sal deur Nukleus gehou word totdat die finale uitslae van die Nasionale
eksamen afgelê, bekendgemaak is en leerders die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) ontvang
het, al dan nie.

2. Tuisleerder-opsie 

Dit staan egter enige ouer/voog vry om nie die afstandsleerder-opsie uit te oefen nie en
nog steeds die Nukleus lesmateriaal per graad of selfs per vak aan te koop.  In beide die
gevalle sal die ouer/voog dan self verantwoordelik wees om die leerder vir tuisonderrig by
die betrokke Onderwysdepartement te registreer.

Nukleus sal in die geval waar die leerder vir die volle graad inskryf, slegs die verskaffer van
die lesmateriaal wees en sal nie vir die assesseringstake of eksamens verantwoordelik
wees nie. Daar sal dienooreenkomstig ook nie ’n rapport aan so ‘n leerder uitgereik kan
word nie.