Nukleus Onderwys
Wie is Nukleus
Nukleus visie
Onderwysmodel
Die Module konsep
Kontak Nukleus
Vakke
Koste en registrasie
Nukleus graad 9 en Matriek
Forum
   
 


Om die Afrikaner-kind opvoeding en ontwikkeling te bied wat geanker lê in die Woord van God en eg is aan die Afrikaner-volkseie waardes, om sodoende ‘n trotse, bekwame en heilige Godvresende geslag uit te bou tot ‘n stad op ‘n berg wat nie weggesteek kan word nie, tot eer van Sy heilige Naam.


Om lesmateriaal en ander opvoedkundige stelsels, van die hoogste kwaliteit en standaard, gegrond op die Woord van God, te ontwikkel vir voorskoolse en skoolgaande Afrikaner-kinders om hulle sodoende in staat te stel om uit te styg, sowel as te presteer en tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.


(Die waardes hierna genoem is ook ‘n uitdrukking van die etos van Nukleus en moet as
sodanig deur elke lid, direkteur en personeel eerbiedig en uitgedra word.  Dit moet ook
deur elke ouer en elke leerder aanvaar en onderskryf word.  Diegene wat nie 100%
daarmee kan assosieer nie, moet nietemin aanvaar dat die etos van Nukleus nie om
hulle onthalwe aangepas of verander kan word nie.)

‘n Afrikaner en Afrikaner-kind word vir hierdie doeleindes omskryf as ‘n persoon met ‘n
vaste geloof in die God van Abraham, Isak en Jakob; wat die Bybel (1933/53 vertaling) as
die enigste Godgegewe Woord erken en aanvaar en daarvolgens leef; wat hom/haar
vereenselwig met die Boere-Afrikaner se geskiedenis, kultuur en tradisies, soos
gedemonstreer deur die Boere-Afrikaner voorgeslagte in die Groot Trek en Eerste- en
Tweede Vryheidsoorloë, asook sy geloftes aan God soos met die slag van Bloedrivier wat
elke jaar op 16 Desember herdenk word;  wat hom/haar beywer vir die opbou van die
Boere-Afrikaner, heilige volk, eenkant geplaas deur die Almagtige.

Die Afrikaner-ouer het ‘n pligsbesef teenoor sy kinders om hulle op te voed en te onderrig
uit die Bybel; om hulle op te voed in Afrikaans as moedertaal; om ‘n kultuur van volkseie
trots by hulle te vestig; om hulle selfdissipline, selfbeheersing, lydsaamheid en ywer te
leer; om hulle te versterk in die geloof en kennis van God, sodat hulle die Godsvrug en
goeie deugde sal uitdra; om hul eie volk lief te hê en hul God met hulle hele hart lief te hê
en te dien.

Die handhawing en uitlewing van die Afrikaner-kultuur en eie identiteit is vir Nukleus
ononderhandelbaar en ons verskaf lesmateriaal slegs aan persone wat hierdie oortuiging
deel en die waardestelsel van Nukleus nastreef.