Afstandsleerders wat by BCVO geregistreer is, sal nie die GTA-take, soos deur die Onderwysdepartement voorgeskryf word, doen nie. Sodanige leerders gaan wel deur ERCO (Eksamenraad vir Christelike Onderwys) ‘n gestandaardiseerde eksamen aflê, wat hulle dan in staat sal stel om bewys te kan lewer dat hy/sy die kwalifikasie behaal het, alvorens hy/sy vir graad 10 inskryf. Vir kostes hieraan verbonde kan die Nukleus kantoor gekontak word.
Afstandsleerders in graad 12 sal ERCO se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen skryf. Alle eksamens word by geregistreerde BCVO sentrums afgelê. ‘n Lys van sentrums sal aan ingeskrewe Nukleus leerders voorsien word. Vir kostes hieraan verbonde kan die Nukleus kantoor gekontak word.