Nukleus Onderwys is ‘n lesmateriaal-verskaffer wat hom beywer vir die daarstelling van kwaliteit, volksbehoudende en waarheidsgedrewe lesmateriaal van hoë standaard aan die Afrikaner-volkskinders. Nukleus het sy bestaan te danke aan 37 onbaatsugtige aandeelhouers wat ‘n saak aangepak het, nie met die oog op winsbejag nie, daarom is Nukleus deur die aandeelhouers ook tans in die proses van omskepping na ‘n artikel 21-Maatskappy sonder winsbejag, maar as offergawe aan ons hemelse Vader met die uitsluitlike doel om ons kinders te beskerm en op te voed binne die vaste beginsels wat Sy Woord vir ons daarstel. Dit is om hierdie rede dat Nukleus daarna streef om lesmateriaal van die hoogste gehalte vir die Afrikaner-volkskinders daar te stel. Nukleus is dus onderwys vir die Afrikaner-volk tot eer van die God van Abraham, Isak en Jakob en roem onbeskaamd op ons vaste geloof en vertroue in ons almagtige Vader.